69ste Oscar-toekenningsaand

  69ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 24 Maart 1997
Plek Shrine Auditorium,
Los Angeles
Aanbieder Billy Crystal
Pryse & benoemings
Beste rolprent  The English Patient
Meeste pryse  The English Patient (9)
Meeste benoemings  The English Patient (12)

Die 69ste Oscar-toekenningsaand is op 24 Maart 1997 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1996. Die aanbieder was Billy Crystal.

Die seremonie is oorheers deur prente wat deur onafhanklike maatskappye vervaardig en van buite Hollywood gefinansier is. Dit het daartoe gelei dat 1996 die Jaar van die Onafhanklikes gedoop is. Net een van die benoemde prente vir beste rolprent was nie ’n onafhanklike produksie met ’n klein begroting nie.

Die jaar se groot wenner was The English Patient, wat 12 benoemings gekry en nege Oscars gewen het, onder meer vir beste rolprent. Ander prente wat baie benoemings gekry het, is Fargo (7), Shine (7), Jerry Maguire (5) en Evita (5).

Een van die pryse wat ’n opskudding veroorsaak het, is dié vir beste vroulike byspeler aan Juliette Binoche vir The English Patient – die gunsteling was Lauren Bacall vir The Mirror Has Two Faces. Binoche het self haar verbasing uitgespreek tydens haar toespraak en gesê sy dink Bacall verdien die Oscar.[1]

  1. AMPAS. "Juliette Binoche winning Best Supporting Actress" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2020. Besoek op 15 Januarie 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search